Δευτέρα 15 Αυγούστου 2016

Dormitiaanse van Theotokos


Op 15 Augustus, nou 1500 jaar, Ortodokse Christene vier die Dormitiaanse van Theotokos (Moeder van God, die Maagd Maria). So, die hele maand van Augustus word gewy deur die Ortodokse Kerk die Moeder van God, Moeder van Jesus Christus.


Foto van hier af 

Die Ortodokse verering van die Heilige Maagd Maria (uit Ontmoet die Ortodokse Kerk)

In die Ortodokse Kerk word die Heilige Maagd Maria as die Moeder van God vereer (let wel: vereer, nie aanbid nie; slegs die Drie-enige God word aanbid). Hierdie uiters belangrike gebruik word gerugsteun deur die historiese feit dat die verenigde Christelike Kerk die titel van theotokos, wat letterlik ‘God-baarder’ in Grieks beteken, tydens die Konsilie van Efese in 431 aan Maria toegewys het. En vir meer as ‘n duisend jaar het die hele Christendom, Oosters en Westers, voortgegaan om aan Maria die verering te bring waarop sy geregtig is, totdat die Protestantse leiers in hul opstande teen Roomse wanpraktyke ongelukkig die baba met die badwater uitgegooi en die verering van die Heilige Maagd Maria in hul kerke beeïndig het. Daardeur is die Protestantse kerke vanuit die staanspoor geestelik verarm, benewens die feit dat dit veral in die Calvinisme tot ‘n duidelik manlik-chauvinistiese inslag gelei het.
Waarom is dit vir Christene so belangrik om Maria as die Moeder van God te vereer? Die antwoord is eenvoudig: Sy het uit vrye wil God in die vlees gebaar toe God mens geword het. Of, soos dit al op paradoksale wyse gestel is: Die Seun van God is buite tyd uit die Vader sonder ‘n moeder gebore, en binne tyd uit ‘n Moeder sonder ‘n (aardse) vader. Toe die engel van die Here aan Maria bekendmaak dat sy deur die Heilige Gees swanger gaan word en die Seun van God gaan baar, het sy geantwoord: "Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord" (Luk. 1: 38). Ongeag wat die familie, die bure, of wie ookal indertyds sou dink en skinder oor ‘n ongetroude maagd wat swanger word, het Maria haarself in gelowige gehoorsaamheid voor God beskikbaar gestel ter wille van Sy Heilsplan vir die mensdom.
Dat die verering van Maria nie ‘n latere kerklike verwikkeling was nie, blyk uit die woorde van die swanger Elisabet, moeder van Sint Johannes die Doper, tydens haar niggie se besoek aan haar: "Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot! En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom? Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring. En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word" (Luk. 1: 42-45, eie kursivering). En in aansluiting daarby het Maria in haar lofsang teenoor God gesê: "... want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem. Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam" (Luk. 1: 48, 49).
Die Ortodokse Kerk het oor die afgelope twee millenniums getrou aan die verering van die Heilige Moeder van God gebly, met tallose gevalle van wonderwerke wat deur haar in die lewens van gelowiges bewerkstellig is. Ook in die Ortodokse eredienste word verskeie gesange aan Maria gesing, waarin sy as theotokos geloof en haar voorbidding gevra word. Haar teenwoordigheid in die Kerk se eredienste en in die daaglikse lewens van haar vereerders bly ‘n bron van groot vertroosting en bemoediging vir die kinders van God.

Lees meer oor hierdie onderwerp:

Maria in die Ortodoksie
Août: le mois sacré de la Vierge Marie dans l'Église orthodoxe!
La Mère de Dieu, l'Eglise Orthodoxe et les peuples africains  
 
August: the holy month of the Virgin Mary in the Orthodox Church
Mother of God (Virgin Mary), Orthodox Church and African peoples (& Why the Orthodox Honor Mary)  Bikira Maria, Mama wa Mungu
Male and Female Created He Them


Δεν υπάρχουν σχόλια:

Δημοσίευση σχολίου